SE logo

BOMASTORIES IS TERUG!

Soveel dinge is aan die gebeur op Sun Eden dat dit nie anders kon as dat Bomastories moes herleef om al die goeie nuus aan aandeelhoers en vriende te vertel nie. Ek het aangebied om op so gereeld as moontlik al die nuus en stories, miskien selfs ’n bietjie “skinnernuus” ook, saam te vat in ’n briefformaat en Kathy sal dan sorg dat dit na almal deurgestuur word.

Julle onthou mos nog hoe Bomastories gelyk het toe Aniki dit so ’n paar jaar gelede begin het en later Jan. Dit was altyd heerlik om vars plaasnuus te kry en te kon lees van al die dinge wat beplan was vir die weke wat voorgelê het. Dit was eintlik ’n groot hartseer toe Jan dit nie meer verder kon doen nie en dit toe doodgeloop het. Dit is nou belangriker as ooit tevore dat daar gereelde kommunikasie tussen ons klomp van Sun Eden moet wees want dinge het reeds geweldig verander en baie dinge is aan die gebeur of word beplan vir die toekoms.

The AGM was a good indication of the direction in which Sun Eden is going to move forward in the future. In my opinion the most important single aspect was the change in the structure of the board of Directors. No longer separate A shareholder and B shareholder representatives but one board representing all. This is very important as it puts emphasis on the fact that we as shareholders are now equal and that we can and should collectively accept the responsibility for making Sun Eden the resort, the second home, the refuge that we all dream about. It underlines what we have always said, that the people of Sun Eden is one big family, bound together by our lifestyle and our love for our own little piece of “the Eden in the Sun”

Die nuwe Bomastories gaan daarom probeer om alles te wees wat die vorige reeks was, maar meer. Omdat daar nou baie meer betrokkenheid is en nog meer vorentoe gaan wees van aandeelhouers en lede, moet dit ook ’n forum wees waar idees uitgeruil kan word, waar gedagtes geplant en gedabatteer kan word. Ek nooi almal uit om julle wense en versugtinge ten opsigte van Sun Eden vir my aan te stuur sodat ek dit kan opneem in “Bomastories” om so die reaksie van die res van ons familie te toets. Dit kan dalk net ’n klip in die bos wees, maar dit kan dalk die begin wees van iets nuuts en wonderliks waaraan net niemand vantevore nog gedink het nie. Ek wil ook graag hoor wat julle dink hoe Bomastories behoort te lyk en wat julle graag daarin sal wil sien. Stuur julle wenke en kommentaar direk na my by jla@netactive.co.za
Ek deel ook graag die lief en leed van elkeen met almal, want dis mos waarvoor “familie” daar is.

Ons het nou 'n amptelike feeskomitee wat vir ons feeste groot en klein gaan reël, die hele jaar deur. Hulle is klaar aan die gang en vra ook wenke en deelname van julle almal, onthou dis ons almal wat gaan feeste hou! Hier is hulle name:
Karin (Voorsitter)
Elmarie
Angie
Karine
Salome en
Aniki

Kom ons kyk gou na die onmiddelike toekoms. Eerskomende Saterdag is Vrouedag, maar dis net ’n goeie verskoning vir almal van ons om op die plaas saam te trek want daar gaan ’n klomp dinge gebeur.

1. Ons gaan almal saam beplan aan ’n gedenkmuur wat ons gaan bou. Die plek waar hy gebou gaan word is skoongemaak en nou soek ons insette van almal oor hoe die muur gaan lyk. Onthou, eendag sal jou plaatjie ook daar teen die “Muur van herrinering” pryk, so neem deel aan die beplanning daarvan. Die van julle wat nie Saterdag daar kan wees nie, raak ook betrokke, maak ’n ontwerp, teken ’n podloodskets en stuur dit vir ons sodat ons koppe bymekaar kan sit en en daar iets tot stand kan kom wat die mense wat ons wil onthou tot eer sal strek.


2. Saterdagaand gaan ons ons vroue en die naderkoms van die lente vier. Die tema van die opskop sal in ooreenstemming met Vrouedag “Agter elke Man” wees. Vir die aand sal ons pap en sous kry soos elke ander Saterdag-aand se braai. Hierdie keer het ons net so 'n bietjie kaboemmielies en hoenderpotjie by sodat ons kan 'n geldjie insamel vir die muur. Niks skouspelagtig nie, net iets om te begin help om dinge gedoen te kry op die plaas. Daar sal musiek wees en ons kan 'n lekker dans hou die aand.'Agter elke man' is die tema wat Aniki uitgedink het en sy wil ons graag sien “aantrek” vir die geleentheid, maar net ‘n “bietjie”


Daar is baie dinge aan die kom waaroor ons julle later sal inlig, die somer is vinnig aan die kom en dan kruip ona almal uit ons “doppe” uit en dan vlam dinge sommer weer lekker op by Sun Eden. Dit gaan ’n groot jaar en ’n groot somer wees en weereens vra ons dat ’n ieder en ’n elk van ons betrokke raak om te wys hoe ernstig ons voel oor “Ons Plek” en “Ons Mense”

Plaasgroete,

Johan Aucamp

 

BuiltWithNOF
[Home] [About Us] [Contact Us] [Facilities] [Accommodation] [News] [15 Reasons] [Boma Oct 2008] [Boma Aug 2008] [Dinokeng] [Links]