SE logo

Boma Stories

Oktober/October 2008

Die eerste Boma Stories is met groot entoesiasme ontvang en ek het verskeie briewe van waardering gekry. By Suneden kon ek amper nie van die swembad tot by die Boma stap nie soos mense my voorgekeer het om dankie te sê nie. Stiaan en Susan het veral ‘n baie mooi briefie geskryf. Ek wil graag meer wisselwerking met ons lesers hê, skryf vir my wat julle in Boma Stories wil lees en wat gedoen kan word om ons saamkuier op die plaas nog lekkerder te maak. Skryf aan my by  jla@netactive.co.za.

In dieselfde trant het Karin ‘n Databasis selnommer 082 886 9286 geskep. Dit is 'n Datakaart, so moet haar 'seblief nie bel nie.

Sy het 'n lys selfoonnommers by Kathy gekry, en vir almal gevra of hulle kennis wil kry van funksies by SunEden. Die terugvoer was absoluut oorweldigend. Sy het 197 sms'se gestuur, en ieder en elk het haar geantwoord. Net vier mense het 'NEE" gesê. Die res het haar toetentaal verras. Sy het 'n boodskappie saam met elke "JA" gekry! Dit was absolouut wonderlik. So almal wat 'n sms “onthou van” wil ontvang, moet hulle sel nommers vir haar stuur, sodat sy die databasis kan opdateer. 

Dis die maand Oktober, die mooiste mooiste maand, want dis lente en die somer is net om die draai. Vir ons klomp plaasmense is dit natuurlik seker nog ‘n mooier maand as vir die meeste ander mense, want by uitstek is ons son-mense, en kan ons nou uitsien na daardie wonderlike naweke van saamkuier om die swembad, in die Boma, voor Neels se restaurant en sommer enige ander plek op ons mooi Suneden.

Spring is in the air at Suneden. The trees that looked so dull and dead for what seemed like ages, are now all covered in green, the dam is still overflowing, bird life is abundant and the Impala and Blesbuck seem to be rejoicing too. Talking of the dam, we do have a serious proliferation of water weeds which we believe was introduced by a well meaning but misguided person. We have considered various options of getting rid of the weeds and the only viable one seems to be chemical control. This is currently tested on a small scale, and if successful will be expanded to cover the whole dam surface.

Voordat ek verder vertel van al die wonderlike dinge wat aan die kom is, moet ek darem gou ook net vertel van die dinge wat verby is. Een van die hoogtepunte van die afgelope ruk was natuurlik Cago se 70 ste verjaardag- vierings. Dit was ‘n groot fees. Dankie Cago dat jy verjaar het, jy mag dit maar weer doen, en dankie Aniki dat jy dit alles gereel het. Die afdak voor die restaurant is vir die geleentheid toegemaak met plastiek om ‘n eetsaal te vorm terwyl die Boma self net ‘n dansbaan was. Dit het so goed gewerk dat ons nou daaraan kan dink om êrens vorentoe iets van die aard permanent op te rig. 

Talking of permanent changes, the stoep area above the restaurant is being enclosed and converted into a flatlet to provide much needed accomodation for visitors. Perhaps one of you can come up with a suitable name for this “penthouse on top”. I am sure someone is going to suggest something like Cremora, cause “ It’s not inside, it’s on top”

Omdat die vakansie om die draai is, word daar veral gedink aan die kinders wat kom kuier. Koos het ons gehelp om 'n springkasteel vir Sun Eden te koop. Met Koos en Karin se donasies was dit moontlik om ons eie kasteel te laat ontwerp, met  Sun Eden se Logo op. Dit sal oor 'n week gereed wees. Beslis betyds vir Halloween!

Koos het ook vir die kinders 'n nuwe trampolien gekoop en Karin en Dirk het ‘n Jungle Gym laat maak, wat nou geinstalleer word . Dis nogal 'n groot struktuur, en dit moet ook sommer help om ons bure se bouwerk van die swembad af te skerm. Die hele struktuur sal binne in 'n 10m x 10m sandput pas wat gebou gaan word waar die kort paaltjies nou by die swembad parkeerarea staan.

Die eerste naweek van September was ‘n ope naweek waartydens vriende en familie wat nog nie ons leefstyl beproef het nie, uitgenooi is om te kom kyk wie ons is en wat ons doen. Dit was volgens alle aanduidings ‘n reuse sukses en baie nuwe vriende is vir die plaas gewerf. Ek hoor graag julle menings, moet ons dit weer doen? So een keer per jaar miskien?

Saterdag die 27ste September was groot Makietie. Suneden het toe sy 14 de verjaardag gevier en terwyl daar nog ‘n paar ander verjaarsdae was wat ook gevier moes word, het ons behoorlik gejol. Lank lewe Suneden, lank hou ons nog partytjies.

Karin and her “feeskommittee” had been quite busy planning all sorts of events for spring and summer. Let’s first look at October and November

    • 11/10/2008:  Adult Hypnotism Show. We have to stress that this is not open to children, and we'll arrange a babysitter for the little ones again. Deon is going to stun us with some of the most amazing things that you have never dreamt of! Admission Fee is R30 per person, which will include a meal, prepared by Neels. 
    • 25/10/2008: Halloween. Need we say more. Please try to avoid clothing and concentrate on stage make-up for the Horrifying Halloween look!   The plan is to give you music from out of this world! R20 per person and I believe Elmarie is going to spook us with her touch in the kitchen!
  •  November:
      • 29/11/2008: Mexican Party. Karine promised a night that we won't forget. The rest of us must ensure that we find all the right (and wrong) ways to consume Tequila! Lots of it. Come prepared to dress like a true Mexican – with as little as possible! The food/ music/ dance will be amazing and the usual R20 per person will apply, which will include supper.
      • Desember is natuurlik ‘n groot maand want dan is ons almal op die plaas, en sommer nog ‘n paar ander ook. Kom ons kyk wat is vir daardie tyd beplan: 
      • 13/12/2008: Kersete. Hierdie datum is vir die eerste keer geskuif van Sondag na Saterdag, sodat mense wat baie ver ry, dit ook kan bywoon. Neels sal bietjie later vir ons al die besonderhede van die ete gee. Ek glo hy het 'n watertand spyskaart in gedagte. Daar is ‘n baie gesellige lang-arm-dans gereel vir die aand, en die musiek sal toepaslik wees vir vasdans!
      • Die volgende dag, Sondag die 14de wil ons graag die muur van herinnering onthul. Ons beplan ’n piekniek-ontbyt so teen tienuur die Sondagoggend en sal dan die eerste name op die muur aanbring. Cago het 'n pragtige muur ontwerp maar ons is afhanklik van donasies om te help om die muur so vinnig moontlik te bou. Hier is ’n tabel van items waarvoor skenkings gemaak kan word, wie wil naam en geld of waarde toevoeg?

      ITEM

      HOEVEELHEID/ QUANTITY

      KOSTE/ COST

      GESKENK DEUR/
      DONATED BY

      Uitgrawe van fondasie

       

      R  600-00

       

      Beton

      1m³

      R  700-00

       

      Face Bricks/ Sierstene

      500

      R1 500-00

      Cago & Anniki

      Pleister Stene

      1000

      R1 000-00

       

      Sement, Klip, Pleister

      9

      R  540-00

       

      Bou / Building Sand

      2m²

      R  350-00

       

      Pleister/ Plaster Sand

      2m²

      R  350-00

       

      Arbeid vir bou/  Labour to built

       

      R1 300-00

      Cago & Anniki

      Arbeid vir pleister / Labour to plaster

       

      R  900-00

      Cago & Anniki

      • 13/12/2008: Kersboom vir ons kinders Ons belowe om 'n pragtige stoel te kry vir Kersvader, sodat die kinders op sy skoot kan kom sit. Bring gerus julle eie geskenkies vir die kleingoed, ons sal Kersvader vertel waar dit weggebere is sodat ons ‘n onvergeetlike dag vir die kleingoed kan reël!
      • 14/12/2008: Visvangkompeties begin. Ons het ‘n baber gevang en Niek het hom gemerk en teruggegooi. Ons wil graag weet watter visserman het die moed/insig en vasberadenheid om hierdie baber weer te vang! As prys kan jy ‘n splinternuwe vistok wen. Hierdie kompetisie sal dwarsdeur die Desembervakansie aanhou – tot Ou Grootbek weer gevang is. Inskrywingsgeld is R5 per dag per persoon.
      • 14/12/2008: SunEden Survivor begin weer. Of miskien moet ons dit SURVIVE SUNEDEN noem. Ons program gaan bietjie anders werk as verlede jaar om meer mense die geleentheid te gee om deelteneem. Ons het ‘n paar gewillige mense wat aan die program gaan werk. Ek hoor die poppe gaan dans! Elke dag gaan ‘n Survivor op sy eie wees, met ‘n einde en ‘n prys vir die dag. Op dié manier kan ons dagbesoekers ook betrek. 
      • 31/12/2008: Hawaii Partyjie. Definitief so kleurvol as moontlik, met baie oulike pryse vir ons Mnr & Mev SunEden. Met baie sjampanje om 12:00 die aand. Ons wil nie graag te veel stoele binne in die Boma hou nie, want dit beperk die ruimte, maar die mense wat aandring op ‘n stoel aan die binnekant van die Boma, R20-00 per stoel, en dan sit ons jou naam daarop vir die res van die aand.
  • Ek wil in hierdie maand se Boma Stories ‘n bietjie inligting deurgee oor Sanfed. SANFED is die akroniem vir Suid Afrikaanse Naturiste Federasie, wat op sy beurt weer ge-affilieer is by die INF, die Internasionale Naturiste Federasie. Dis ‘n waghond-organisasie wat naturisme as leefstyl wil beskerm en bevorder. In die kantoor by Suneden sien ‘n mens allerlei goed teen die mure en op die tafel wat na Sanfed verwys, ook aansoek vorms om lid te word. Suneden is trouens as oord ingeskakel by Sanfed, maar min van ons mense weet eintlik waaroor dit gaan
  • Naturiste, ook Sanfed-lede vra dikwels, waarom moet ek aan Sanfed behoort? wat kry ek vir my lidmaatskapfooie? wat doen Sanfed vir my?

    Die antwoord is dat dit Sanfed se taak is om die Naturiste leefstyl te bevorder en sodoende die Naturisme gemeenskap van Suid Afrika te dien. Dit geld vir individue sowel as vir instellings soos oorde, agentskappe, klubs ens. Hoe doen Sanfed dit? Kom ons kyk na net ’n paar van die terreine waar Sanfed sigbaar besig is.

    Wat is waarskynlik die grootste enkele probleem wat ons as naturiste ervaar? Negatiewe persepsies by ’n groot deel van die gewone publiek!

     Die negatiewe persepsies wat by die breë publiek oor Naturisme bestaan maak dat baie van Sun Eden se aandeelhouers en van sy lede en besoekers so skaam is vir ons leefstyl dat hulle dit vir hulle ouers/kinders/vriende/kollegas/werkgewers ’n geheim hou en in doodse vrees leef dat mense daarvan sal uitvind en hulle daarvoor sal veroordeel, of erger nog vir hulle sal lag!

    Sanfed se eerste en grootste taak is om hierdie negatiewe persepsies af te breek en ’n positiewe beeld van naturisme te bou. Een van die maniere waarop dit gedoen word is om agter die skerms te werk om positiewe beriggewing in die media te verkry. Hiermee is die afgelope tyd aansienlike sukses behaal en onlangse voorbeelde van tydskrifartikels waarvoor SANFED verantwoordelik was is die artikel wat in GETAWAY verskyn het en wat deur Jonathan,’n lid van die Sanfed bestuur geskryf is en die heel onlangse artikel in Marie Claire waarin onderhoude ook met lede van die bestuur van SANFED gepubliseer is. Sanfed hou ook ’n webblad in stand waarin die saak van naturisme aktief bevorder word en wat maandeliks deur duisende mense besoek word.

    ’n Ander baie belangrike funksie/taak van Sanfed is om ons leefstyl te beskerm teen oorde/individue wat negatiewe persepsies skep. Sanfed moet gereeld vure doodslaan wat deur sotlike mense en oorde aan die brand gesteek is en wat ons almal na paloekas laat lyk. Julle weet waarvan ek praat. Onlangs is ’n oord wat hom skuldig gemaak het aan aktiwiteite wat lynreg bots met die voorskrifte van die INF geskors en van SANFED se webblad verwyder

    Met die deurlopende uitbouing van die beeld van Naturisme in Suid Afrika word meer en meer mense naturiste en dus potensiële besoekers aan Sun Eden.

    Sanfed sal voortgaan om die saak van Naturisme en daarmee indirek ook van die Naturiste oorde te bevorder en die leefstyl deur aanvaarbaarmaking te laat groei. Hierdie is maar net ’n kort oorsig van enkele aspekte van Sanfed se bedrywighede en talle projekte is tans nog in die beplanningsfase, Sanfed ontvang daarom graag wenke van individue en instansies wat hom in sy taak sal kan help.

    Daar is nog baie ander voordele verbonde aan Sanfed lidmaatskap soos bv afslag by oorde en verwysings vir buitelandse besoeke, maar daarvan sal ons later meer vertel.

    Plaasgroete tot volgende keer.

    Johan Aucamp

     

    BuiltWithNOF
    [Home] [About Us] [Contact Us] [Facilities] [Accommodation] [News] [15 Reasons] [Boma Oct 2008] [Boma Aug 2008] [Dinokeng] [Links]